Monday, February 16, 2009

Werk in die skaduwee van God se genade!

Erediens gehou op 15 Februarie 2009:

As votum:

Lees die Vader se liefdesbrief voor:
Die uitroep van die Vader se hart van Genesis tot Openbaring.
“My Kind....Al ken jy My nie, weet ek alles van jou af.”“
--Psalm 139:1
“Ek weet van jou sit en jou opstaan.“--Psalm 139:2
”Ek is bekend met al jou weë.”--Psalm 139:3
”Ek het selfs die hare op jou hoof getel.”--Mattheus:10:29-31
”Ek het jou gemaak om net soos Ek te lyk.”--Genesis 1:27
”In My lewe jy, beweeg jy, en bestaan jy.”--Handelinge 17:28
”Jy is ook gebore om deel van My familie te wees.”--Handelinge 17:28
”Ek ken jou voor jy in jou moederskoot gevorm is.”--Jeremia 1:4-5
”Ek het jou reeds uitgekies voor die begin van die wêreld.”--Efesiers 1:11-12
”Jy is nie 'n fout nie, Ek het jou beplan.”--Psalm 139:15-16
”Al jou lewensdae is geskryf in My Boek.”--Psalm 139:15-16
“Ek het die regte tyd en plek bepaal waar jy gebore moes word.”--Handelinge 17:26
”Jy Is Wonderlik mooi geskape.”/> --Psalm 139:14
”Ek het jou gevorm in jou moederskoot.”--Psalm139:13
”Ek beskerm jou van voor jou geboorte af.”--Psalm 71:6
“Ek word nie erken deur die mense wat My nie ken nie.”--Johannes 8:41-44
“Ek is Liefde en wil tuis voel by jou.”--1 Johannes 4:16
“Dit is my begeerte om jou met My liefde te oorweldigNet omdat jy My kind is en Ek jou Vader.”1 Johannes 3:1
· ”Ek wil jou meer goeie dinge gee as wat jou aardse vader ooit aan jou kan gee.”--Mattheus7:11
“Ek is die volmaakte Vader.”--Mattheus5:48
“Elke goeie en volmaakte gawe wat jy ontvang kom uit My Hand.”--Jakobus1:1
“Ek wee twat jy nodig het en sal voorsien in al jou behoeftes.”--Mattheus6:31-33
“My plan vir jou toekoms is altyd gevul met hoop en met 'n verwagting.”--Jeremia29:11
“Ek het jou lief met 'n ewige liefde.”--Jeremia31:3
“My gedagtes oor jou is ontelbaar soos die sand van die see.”--Psalm139:17-18
“Ek verheug My oor jou met blydskap.”--Sefanja3:17
“ Eksalnooitophouomgoeiedingevirjoutedoennie.Jeremia32:40
“Jy is My waardevolste besitting”.--Exodus19:5
“Ek begeer om goed aan jou te doen met My hele wese.”--Jeremia32:41
“Ek wil aan jou groot en wonderlike dinge wys.”--Jeremia33:3
“As jy My met jou hele hart soek, sal jy My vind.”--Deuternomium4:29
“Verbly jou in My en ek sal jou gee die begeertes van jou hart.”--Psalm37:4
“Want dit is Ek wat jou gewillig en bekwaam maak om My wil uit te voer.”--Filippense2:13
“Ek is in staat om meer vir jou te doen as wat jy kan bid of dink.”--Efesiërs 3:20
“Ek is jou grootse motiveerder.”--2 Thessalonicense 2:16-17
“ Ek is jou Vader wat jou vertroos en uithelp uit al jou moeilikheid.”--2 Korinthiërs 1:3-4
“ As jy hartseer is, is Ek by jou.”--Psalm 34:18
“ Soos 'n herder 'n lammetjie dra, so dra Ek jou teen My hart.”--Jesaja 40:11
“Eendag sal Ek al jou trane afvee.”--Openbaring 21:3-4
“Ek is jou Vader, en Ek het jou net so lief soos My eie Seun.”--Johannes 17:23
“Want in Jesus is My liefde vir jou geopenbaar.”--Johannes 17:26
“Jesus is die volmaakte weergawe van wie Ek is.”--Hebreërs 1:3
“Hy het gekom om te wys dat Ek vir jou is en nie teen jou is nie.”--Romeine 8:31
“Om jou te vertel dat Ek nie boekhou van jou sonde nie.”--2 Korinthiërs 5:18-19
“Jesus het gesterf sodat Ek en jy vrede kan maak.”--2 Korinthiërs 5:18-19
“Jesus se dood was die volmaakte uitdrukking van My liefde vir jou.”--1 Johannes 4:10
“Ek het alles opgegee wat vir My kosbaar was, sodat Ek jou liefde kan wen.”--Romeine 8:31-32
“As jy My Seun ontvang as geskenk ontvang jy My.”--1 Johannes 2:23
“En niks sal jou ooit skei van My liefde vir jou nie.”--Romeine 8:38-39
“Kom huis toe en Ek sal die grootste partytjie gee wat die Hemel ooit gesien het.”--Lukas 15:7
“Ek is nou en vir ewig jou Vader. Ek het jou by jou naam geroep.”--Efesiërs 3:14-15
“My vraag is... Wil jy My kind wees?”--Johannes 1:12-13
“Ek wag vir jou.”--Lukas 15:11- 32
“Liefde,Jou Vader,Almagtige God”


1 Kor 15:1-11

Ek is nuuskiering om te weet watter kos vir elkeen van julle die lekkerste is... Vir my is dit ‘n heerlike varsgebakte brood van skoonma, wat vars uit die oond uit kom... Ons het die voorreg gehad om gisteraand so ‘n brood te eet, en dit was heerlik. Maar hierdie brood kan ook net so sleg word. Na ‘n paar dae in die broodblik, word dit sommer hard, en kry ‘n groen muflagie op, en is niemand meer lus daarvoor nie...

Die Israeliete het dit ook ervaar. Die manna wat hulle in die woestyn gekry het, was net goed genoeg vir die dag waarop hulle dit bymekaargemaak het. Die volgende dag was dit vrot, en het dit hulle siek gemaak. In ‘n sin het die kerk vir baie mense vandag ook die smaak van ou, gemufte brood. Hulle drink die wyn tydens nagmaal asof dit ou wyn is, wat lug gekry het, en asyn geword het. Dit het vir hulle niks betekenis meer nie.

Maar dit het alreeds in die gemeente van Korinte gebeur. Paulus skryf aan hulle in 1 Korintiërs 10:16-22 dat selfs die Nagmaal vir hulle nie meer ‘n heilige maaltyd was nie, maar dat dit deel van hulle afgodsdiens geword het. Dat die Nagmaal nie meer vir hulle die betekenis van Jesus se liggaam en se bloed ingehou het nie.

Maar wat het in die Korintiërs se gemeente gebeur...? In ‘n sin het die vars brood van die opstanding vir hulle vervaag. Hulle het nie meer die krag van Christus se opstanding ervaar nie, en gesoek na iets nuuts wat hulle sou interesseer. Hulle het vasgevang geraak in die roetiene van hulle daaglikse godsdiens.

En daarom het hulle op verskillende maniere opwinding in die kerk gesoek. Party het teruggekeer na die ou heidense feeste, waar hulle selfs met prostitute omgegaan het. Ander het groepe gevorm wat gedink het hulle is beter as ander omdat hulle sogenaamd beter gawes van die Gees besit. Ander het probeer om God saam met die afgode van daardie tyd te dien, en die beste uit elke godsdiens te haal.

Maar weet julle, liewe vriende, vandag is hierdie probleme nog steeds met ons. 2000 jaar na Jesus se opstanding reken baie mense dat God dood is. Selfs gelowiges raak weer vasgevang in ander heidense godsdienste soos die New Age, Vryemesselaars, en die voorspel van die sterre sonder dat hulle dit dadelik besef. Ander probeer die godsdiens interpreteer en verstaan teen die agtergrond van die Postmodernisme, en sê daarmee dat daar geen hoop in hierdie wêreld meer oor is nie, en dat dit net gaan oor ons ervarings. Hulle sê dat Jesus nie werklik opgestaan het uit die dood nie, maar dat dit maar net iets is wat die Bybelskrywers daar ingevoeg het.

Liewe vriende, ons kan ‘n klomp toertjies gebruik om hierdie aaklige gevoel van doodsheid in die kerk teen te werk. Ons kan dalk heeltemal probeer om alles te doen presies soos ons voorouers 100 jaar terug. Ons kan probeer om die Bybel eenkant te sit en aan mense allerhande mooi geestelike storietjies te vertel. Ons kan van die kerk ‘n sosiale klub maak waar ons dit vir mense probeer lekker maak om mekaar te ontmoet en te kuier, sonder dat dit meer oor God gaan. Maar is dit werklik die oplossing?

Maar God gebruik ook vir Paulus om ons hier in 1 Kor. 15:1-4 te kom herhinner aan die feit dat Jesus vir ons sonde kom sterf het. Dat hy in ons plek gesterf het, maar dat Hy werklik lewe, en opgestaan het uit die dood. Dat dit die krag en die kern moet wees van ons daaglikse geloof. Ons moet weer besef waaroor die goeie nuus, die lewende nuus van Jesus Christus se dood en opstanding gaan.

Paulus herhinner die mense dat ten spyte van wat almal wat ontken dat Jesus opgestaan het en lewe, dat daar baie getuies was wat Jesus se opstanding uit die dood kon bevestig. Nie net Simon Petrus of Sefas nie, maar ook die twaalf apostels, en ook aan vyfhonderd mense met die vermeerdering van die brood.

Maar selfs na Jesus se hemelvaart leef Hy voort. Paulus kom herhinner die Korinthiërs dat Jesus ook aan Hom, die ontydig geborene verskyn het. Met die woorde “ontydig geborene”, kom sê Paulus dat hy eintlik ‘n nikswerd was nie. Hy was besig om Christus en sy kinders te vervolg en hulle dood te maak. En tog het Christus hom uitgekies, en deur ‘n helder lig op die pad na Damaskus aan hom verskyn. Hy is self getuie daarvan dat Christus opgestaan het, en dat Hy leef!

En omdat die Here so ‘n groot verskil aan Paulus se lewe gemaak het, dryf dit Paulus om sy alles vir die Here te gee. Paulus het nie eers getrou nie, en besluit om homself geheel aan die Here te wy. Hy noem hier dat Hy harder as almal gewerk het – nie omdat hy so goed is nie, maar omdat die Genade van God by Hom was.

Ek wonder vanoggend hoekom jy elke dag werk? Is dit net om kos in jou bord te hou. Is dit net om jou karpaaiement, of jou huis en plaaspaaiement af te betaal? Is dit net om te sorg dat jy darem ‘n goeie pensioen het? Navorsing het getoon dat meer as die helfte van jou salaris uiteindelik deur belastings opgevreet word, en dat jy eintlik vir die staat of die regering werk...

Ek het onlangs daar in vredefort ‘n baie indrukwekkende grafsteen met pilare en ‘n marmerstandbeeld gesien. Toe ek daaroor navraag doen, hoor ek dat dit ‘n ryk ou man se grafsteen was. Hy het in sy testament bepaal dat elke begrafnisganger R 10 moet kry, en dat die res van die geld vir ‘n grafsteen gebruik moet word. Ten spyte van die familie se protes het die prokureur toe die hele boedel gevat en ‘n grafsteen uit Italië uit bestel en ingevoer.

‘n Onlangse meningspeiling het aangetoon dat die meeste mense vir hulle kinders werk. Hulle werk hard om vir hulle kinders goeie opleiding, ‘n goeie werk, en ‘n blink toekoms te verseker. Maar dit is juis baie mense se groot frustrasie in die lewe. Dat hulle voel dat hulle kinders nie waardeer wat hulle vir hulle doen nie, of nie in die loopbane ingaan wat hulle as ouers vir hulle beplan het nie. Baie mense het nie eers kinders om voor te werk nie, en voel dat die lewe doelloos en nutteloos is. Dat hulle lewe maar stomp gaan eindig sonder ‘n nageslag...

Paulus kom herhinner ons vanoggend aan die eintlike rede hoekom ons van dag tot dat met vreugde kan werk. Ons moet opnuut besef dat ons saam met Koos du Plessis in sy “gebed” moet kan sê: “Wat ek is, is net genade, wat ek het is net geleen.” Ons lewe net in God se genade. Ons staan elke oggend op as ‘n teken van God se genade en bewaring oor ons lewens.

Kom ons besef vanoggend hier aan die nagmaalstafel weer wat dit beteken dat Jesus vir ons in ons plek kom sterf het. Kom ons besef weer dat Jesus se opstanding die lewe vir ons die moeite werd kom maak. Kom ons pluk hierdie dag, en elke dag wat kom met die wete dat ons geroep word om dankie te sê vir God se genade, al voel ons nikswerd, al voel ons soos ontydig geborenes...

Kom ons wens saam met Paulus in Fillipense 3: 10-11 om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ons self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

AMEN.

No comments: